Eetgewoontes speel definitiewe rol in cholesterol

deur Sonelle van der Linde

'n Mens hoor gans te veel die volgende: "ek het die genetiese cholesterol, so ek kan niks daaraan doen nie, ek mag eet wat ek wil!" Dit is nie die waarheid nie, medikasie en die regte dieet is van kardinale belang om hartsiektes later in die lewe te voorkom.

Verstaan cholesterol:

Goeie cholesterol (HDL) - hierdie telling wil 'n mens so hoog as moontlik hê aangesien dit beskerm teen hartsiektes. Verhoog jou HDL met oefening, 'n minimum van 5 dae per week, maar al begin jy net met 3 keer per week, sal jy die vrugte daarvan pluk.

Slegte cholesterol (LDL en TGL) - hierdie twee tellings wil 'n mens so laag as moontlik hê en dit is waar dieet 'n groot rol speel.

Cholesterol mites:

Mite 1: jy mag nie rooivleis eet nie
Dit gaan glad nie oor die kleur van die vleis nie, maar liewer oor die hoeveelheid en samestelling van die vet in die vleis. Oor die algemeen bevat rooivleis meer vet as vis en hoender en dit is waar die misverstand vandaan kom. Indien rooivleis noukeurig uitgesoek word en sigbare vet verwyder word, kan dit gerus geëet word.

Mite 2: jy mag nie eiers eet nie
Versadigde vet is die groot sondaar as dit by hartgesondheid kom, nie cholesterol as sulks in kos nie. Eiers is baie laag in versadigde vet en hoog in mono-onversadigde vet (die tipe wat beskerm teen hartsiektes). Eiers is wel hoog in cholesterol, maar daardie cholesterol veroorsaak nie hoë cholesterol nie. Eet gerus tot 6 eiers 'n week.

Mite 3: olyfolie is die gesondste om mee kos te maak
Olyfolie is bekend vir sy gesondheidsvoordele omdat dit baie hoog is in mono-onversadigde vet. Die rookpunt van hierdie tipe olie is bitter laag en wanneer dit verhit word bo-kant rookpunt verander dit in ongesonde versadigde vet. Gebruik olyfolie net koud in slaaie, slaaisous en om brood in te doop.

Mite 4: 'n Hoë vet, lae koolhidraat dieet is nie skadelik vir my cholesterol nie
Navorsing bewys keer op keer dat 'n dieet hoog in versadigde vet lei tot 'n hoë cholesterol (LDL) en 'n hoë LDL lei tot hartsiekte en hartaanval.

Mite 5: Ek kan soveel gesonde vette en olies eet soos ek wil, dis dan gesond
Vette en olies kom altyd in 'n kombinasie voor en bestaan uit goeie en slegte dele. 'n Goeie vet/olie word so geklassifiseer omdat dit meer goeie dele as slegte dele bevat, so onthou dat selfs die gesonde olyfolie tog slegte versadigde vet bevat. Vet is gemaak om in baie klein hoeveelhede ingeneem te word omdat dit so gekonsentreerd is. Indien 'n mens te veel gesonde vette inkry, sal jy gewig optel.

Vir meer inligting skakel gerus vir Sonelle van der Linde by 076 338 5367, stuur 'n epos na sonellev@gmail.com of besoek die webwerf www.bfndietician.co.za.

Contact Person:


Sonelle van der Linde
69 Morningside
1 Isak de Villiers Street
Langenhovenpark
Bloemfontein
South Africa

Contact Details:


Cell: 076 3385367
or
Send me an