Kry jou lyf reg vir die somer

deur Rozanne Raath (lewensafrigter en berader) & Sonelle van der Linde (dieetkundige)

Kry heel eerste jou kop reg!

Maak 'n doelbewuste besluit om gewig te verloor en jou somerlyf terug te kry. Onthou dat elke dag, elke ete en elke oefensessie 'n invloed het op jou sukses. Weet ook dat wanneer jy geglip het, daar elke dag, elke ete en elke oefensessie 'n nuwe kans is om te bou aan jou sukses, jy hoef nie elke keer vir Maandag te wag en voor te begin nie. Sien jou somerlyf as 'n reis, met weeklikse doelwitte. Beloon jouself deur suksesse te vier, dit doen wonders vir jou selfvertroue en motivering. Speel klaar met verskonings - ons ken hul al te goed: te min tyd, onkostes, kinders, geen energie, lang werksure... As jy vir langer as 3 maande sukkel om in 'n roetine te kom of nie deur jou verskonings kan werk nie, gaan sien 'n lewensafrigter, sy sal jou help om onderliggende verskonings en vrese aan te spreek.

So maklik soos eet minder, of is dit?

Om gewig te verloor moet 'n mens minder eet as wat jou lyf nodig het, maar soos ons almal weet is dit veel moeiliker as wat dit klink. 'n Mens se lyf is baie slim en doen klomp truuks om te keer dat jy gewig verloor. Daarom, as jy besluit om gewig te verloor, doen dit ordentlik, om so hier en daar minder te eet gaan nie die ding doen nie. Pasop ook vir te min eet, ja dames daar is so iets soos te min eet! Wanneer jy te min eet, sal jy ook nie gewig verloor nie. 'n Individuele eetplan bly steeds die effektiefste om gewig te verloor. Dit word uitgewerk volgens jou liggaam se behoeftes, jou leefstyl en ook jou voor- en afkeure in kos. Dit is iets wat jy vir die res van jou lewe kan volg en volhou sodat jy nie volgende winter weer eindig waar jy nou is nie.

Oefen!

Oefening speel beslis 'n groot rol in gewigsverlies en lyf reg kry vir die somer. Onthou egter dat oefening alleen nie effektief is nie. Wanneer dit by gewigsverlies kom is 80% 'n goeie eetplan en 20% 'n goeie oefenprogram. Die een kan nie sonder die ander nie en soos vroeër gesê moet 'n mens 100% insit om resultate te kry. Doen oefening waarvan jy hou, maar doen dit ordentlik, 10 minute so hier en daar gaan jou nêrens bring nie! Doen ten minste 45 min, 3 keer per week (as jy nie voorheen geoefen het nie). As jy reeds gereeld oefen maar sonder resultate, verander jou oefenprogram, mits jy die 80 / 20 persent reël nakom. Oefening is ook baie effektief om stresvlakke te verlaag. Wanneer jy baie stres, skei die liggaam oormatige hoeveelhede kortisol af, wat gewigsverlies kniehalter.

Gebruik al die hulp wat jy kan kry, sessies by lewensafrigters en dieetkundiges kan by mediese fondse geëis word.

Kontak vir Rozanne Raath by 083 411 0935, stuur 'n epos na rraath.coach@gmail.com
of besoek www.inspired2coach.net.

Kontak vir Sonelle van der Linde by 076 338 5367, stuur 'n epos na sonellev@gmail.com
of besoek www.bfndietician.co.za.

Contact Person:


Sonelle van der Linde
69 Morningside
1 Isak de Villiers Street
Langenhovenpark
Bloemfontein
South Africa

Contact Details:


Cell: 076 3385367
or
Send me an