Oorgewig kind het vroeg hulp nodig

deur Sonelle van der Linde

Die voorkoms van oorgewig kinders styg kommerwekkend in Bloemfontein. Die meeste van ons laat dit ongesiens verbygaan, met die hoop dat hul die vetjies sal ontgroei, en ander sien dit bloot nie meer raak nie. Blykbaar merk 50% ouers van oorgewig kinders, glad nie op dat hul kinders oorgewig is nie!

Suiker en te veel televisie kry nou al jare die skuld en dan glo ons dis die einde van die storie, maar tog raak al meer kinders oorgewig. Alhoewel hierdie twee sondebokke wel oorsake is, moet ons verstaan dat oorgewig in kinders baie meer kompleks is en ernstige gesondheidsrisiko's inhou. As ons inskerp op die fisiologie van ons liggame, sien ons dat 'n baba van 6-maande op sy vetste behoort te wees. Tussen 6-maande en 6-jaar verander slegs die grootte van vetselle, soos wat die kind groei. Op 6-jaar verander die liggaam deur vetselle te vervaardig tot en met adolessensie. Die hoeveelheid vetselle word vervaardig na gelang van die hoeveelheid vet wat gestoor moet word. (Vet word slegs gestoor wanneer 'n mens meer eet as wat die liggaam benodig). Vir die res van die volwasse lewe kan vetselle se grootte verander maar nie die hoeveelheid nie. Wat hierdie nou regtig beteken is die volgende: hoe meer vetselle 'n persoon het, hoe groter is hul potensiaal om oorgewig te wees. Oorgewig kleuters se lyfies begin al voor 6-jaar vetselle vermeerder, met ander woorde het hul lyfies nóg langer kans om meer vetselle te vervaardig. Dit lei tot 'n groter potensiaal vir oorgewig vir die res hul lewe. Vyftigpersent van oorgewig kinders, word oorgewig volwassenes en ook in 'n ernstiger graad, omdat hul potensiaal vir oorgewig soveel groter is.

Die effek van oorgewig op die kleine lyfies kan nie genoeg beklemtoon word nie. Om een of ander rede dink ons dat kinders eers later in hul volwasse lewe gesondheidsprobleme kan ondervind as gevolg van oorgewig, maar dit is glad nie waar nie. Cholesterol-aanpaksels kan so vroeg as 3-jaar al in die aorta voorkom. Hoë bloeddruk, galstene, sooibrand en slaapapnee kan voorkom en is soms moeilik om op te tel, omdat dit nie by kinders hoort nie. Chroniese inflammasie, asma en abnormale liggaamsontwikkeling maak oefening 'n veel groter uitdaging. Oorgewig kinders groei baie vinniger om die ekstra gewig te ondersteun, hul ontwikkel gevolglik groot gebeendere, maar minder spiere as die normale-gewig kind. Die ekstra gewig gee pynlike voete, knieë en heupe en 'n laer spiermassa verooraak 'n stadige metabolisme. Oorgewig kinders is meer geneig tot depressie, sosiale isolasie, 'n lae selfbeeld en swak liggaamsbeeld. Tydens behandeling moet ál die bogenoemde aandag geniet. Alles is skakels in die bose kringloop van oorgewig en êrens moet die skakels gebreek word.

Om die vraag te beantwoord of ons oorgewig kinders kweek moet 'n paar van die volgende faktore in ag geneem word: Ja, genetika speel 'n rol, maar omdat oorgewig so kompleks is, is genetika slegs 'n druppel in die emmer. Vir "oorgewig gene" om oorgewig te veroorsaak, moet 'n "gunstige omgewing" gegee word, bedoelende 'n onaktiewe leefstyl en ongesonde eetgewoontes. Dit is belangrik om te besef dat genetika en die "gunstige omgewing" albei deur ouers verskaf word. Kinders word onafhanklik grootgemaak en word aangemoedig om self te kies wat hul wil eet, maar kinders het nie die vermoë om goeie keuses te maak indien hul nie reg geleer word nie. Deesdae is ons baie gelukkig om toegang te hê tot 'n groot verskeidenheid voedsel, dit hou vir ons baie gesondheidsvoordele in, maar kan ook bydra tot oorgewig. Kos word verbind aan ontspanning en kinders leer hierdie idee by die samelewing en hul ouers aan dat 'n mens moet eet terwyl 'n mens voor die televisie sit. Restaurante leer ons om meer te eet, deur groter porsies voor te sit as wat ons nodig het. Verwerkte en geriefsvoedsel is baie energie-dig, dit beteken dat 'n klein hoeveelheid kos, wat nie baie versadig gaan maak nie, baie kilojoules bevat en dit juis die kos is wat ons vet maak.

Dit is als goed en wel om te besef waaroor oorgewig gaan en dat dit 'n krisis raak, maar weet ook dat dit 'n siekte is wat behandel moet word. Dit is nie 'n probleem wat sommer net vanself sal verdwyn in 'n huisgesin nie. Kweek 'n goeie ouer-kind-kos-verhouding. Gee struktuur aan jou kinders se daaglikse roetine. Leer gesonde eetgewoontes aan, as jy as ouer nie tans 'n goeie voorbeeld stel nie, is dit nie te laat om self te begin verander nie. Gesond en gebalanseerd eet verg beplanning. Gebruik al die hulp wat beskikbaar is. Klop aan by dieetkundiges vir praktiese wenke en leefstylaanpassings om dié skakels van oorgewig in jou huisgesin vas te stel en te verbreek. Die wat nie tyd het om self kos te maak nie, maak gebruik van dienste soos The Lunchbox & Dinnerplate vir gesonde middagetes, gekookte aandetes en heilsame kosblik happies.

Vir meer inligting skakel gerus vir Sonelle van der Linde by 076 338 5367, stuur 'n epos na sonellev@gmail.com of besoek die webwerf www.bfndietician.co.za.

Contact Person:


Sonelle van der Linde
69 Morningside
1 Isak de Villiers Street
Langenhovenpark
Bloemfontein
South Africa

Contact Details:


Cell: 076 3385367
or
Send me an