Praktiese gids vir somer vrugte

deur Sonelle van der Linde

Miles Kington

Koop wat in seisoen is, hoe varser die vrug, hoe meer voedingstowwe bevat dit. Spanspek, pynappel, koejawel, papaja en perskes het die heerlikste reuk wanneer dit ryp is, ruik aan dit in die supermark voordat jy dit in jou mandjie laai. Maak weekliks 'n groot vrugteslaai en bêre in 'n lugdigte houer in die yskas. Op hierdie manier is die vrugte altyd gereed om geëet te word, want wie gaan elke kort-kort 'n stuk pynappel of papaja sny om te eet? (Dit sal in die vrugte bak lë en vrot voor die einde van die week!) Eet elke dag vrugte, dit bevat baie vesel wat sorg vir 'n gesonde spysvertering, bevat baie anti- oksidante en is lekker soet - mits jy moeite doen om die vrugte reg uit te kies.

'n Paar kits wenke:
  1. Hoe donkerder die kleur van vrugte, hoe meer anti-oksidante bevat dit. Kersies, bessies, papaja, swart druiwe ens. bevat byvoorbeeld meer anti-oksidante as piesangs, appels en pere. Anti-oksidante is noodsaaklik en ondersteun die liggaam om van gifstowwe ontslae te raak, beskerm teen kanker en vertraag veroudering.

  2. Koop piesangs effens groen, sorg dat jy dit binne 2 dae opeet. In hierdie hitte, is piesangs op die derde dag reeds te ryp. Ryp piesangs se suikerinhoud en GI is hoër as effens groenerige piesangs. Indien jy nie die piesangs gou genoeg kan opeet nie, bêre in die yskas, maar wees gewaarsku, die skil sal verkleur.

  3. Tamaties bevat die meeste voedingstowwe indien dit verhit word. Gooi dus gereeld vars tamaties in pastageregte, bredies, souse, geroosterde groente en roosterbroodjies.

  4. Gevriesde groente en vrugte bevat net soveel voedingstowwe as vars. Die enigste verskil is soms die smaak en tekstuur. Wanneer jy nie gereeld vars vrugte en groente kan aankoop nie, is gevriesde groente en vrugte definitief voedsamer as verlepte groente en vrugte.

  5. Indien jy gereeld sukkel met 'n urienweginfeksie, drink daagliks cranberry (bosbessie in Afrikaans) sap of eet gedroogte cranberries.

  6. Waatlemoen is die enigste vrug wat 'n hoë GI het. Ideaal vir sportmanne direk na oefening. Koop 'n reeds oopgesnyde waatlemoen as jy nie weet hoe om 'n lekker waatlemoen uit te kies nie. Die soetheid van die waatlemoen verbeter ook wanneer dit oopgesny is.

  7. Pasop vir alle vrugtesap: 100%, appletizer, melkbasis, aanmaaksap ens., dit bevat meer suiker en kJ as coke! As jy baie lief is daarvoor en nie water in jou lyf kan kry nie, kies light of diet vrugtesap en verdun dit twee keer so flou as voorgestel.

Contact Person:


Sonelle van der Linde
69 Morningside
1 Isak de Villiers Street
Langenhovenpark
Bloemfontein
South Africa

Contact Details:


Cell: 076 3385367
or
Send me an